Pretoria
Gedicht

Die dromme klink

Die dromme klink vanaf die berg
Gesange vul die lug
’n Vuurtjie brand, ons ruik die rook
Dis Sondag en dis warm

Met goudgeel gras as hulle vloer
Die blou-blou lug hul dak
Benodig hul geen kerkgebou
Dis Sondag en dis warm

Vandag is daar geen werk te doen
Dis tyd vir sing en dans
Net daar, op die Magaliesberg
Dis Sondag en dis warm

Vandag kan niks nie hulle pla
Dis tyd om fees te vier
Geen worries oor die ‘baas’ se saak
In Zion’s Christian Church

Hul vat hul tyd vir eet en drink
Geniet van samesyn
’n Eie wêreld op die berg
Dis Sondag en dis warm

Die dromme en gesange meng
Met goggas se gezoem
En iewers skree ’n hadeda
Dis Sondag en dis warm

Ons sit hier onder by die braai
Geluide vul ons tuin
Dit help ons om nou goed te voel
Ons is in Afrika

(De afgelopen dagen had ik veel herinneringen aan de jaren dat wij in Zuid-Afrika woonden: 1987-1994. Onder meer aan de warme, lome zondagen die wij toen kenden. Ik schreef er dit gedicht over.)